A is vir Aanmekaaralfabetwoorde
26 woorde wat nie bestaan het nie, tot nou. Een vir elke letter, elkeen 'n storie wat rym, geïllustreer deur Aurora Creative Studio.




Die boek, vier maniere
Hardeband of sagteband, gepos na enige plek in Suid-Afrika. Die kleurboek as PDF vir 'n tablet. En die inkleurboek as PDF, al 26 blaaie, druk soveel keer as jy wil.
Digitale items word binne 'n minuut na betaling per e-pos gestuur. Die gedrukte boek word binne twee werksdae gepos. Tot vyf boeke gaan in een pakkie teen dieselfde posgeld.
Vier inkleurbladsye om te probeer

A, B, K en W uit die inkleurboek, A4, een PDF. Druk dit vir die kombuistafel of vir 'n hele klas. Geen e-posadres nodig nie.
Onderwysers: die volle inkleurboek (26 bladsye) is R25 hierbo, en skole kan vir boksbestellings direk skryf.
Een reël, 26 woorde
Elke woord is 'n samestelling van bestaande Afrikaanse woorde wat met dieselfde letter begin. Al die dele staan in die HAT. Die woord self het nog nooit bestaan nie. Dit is hoe Afrikaans werk: as daar nie 'n woord vir iets is nie, maak ons een.
Geskryf deur Werner du Toit. Illustrasies deur Aurora Creative Studio (Lize-Marie Dreyer en Sonia Dearling). Eerste uitgawe, Kaapstad.